Tradisies

Inlywing en Groet

Jaarliks lui al die graad 1 leerders, tesame met die nuwe leerders, die klok as simbool
van verwelkoming by Tjokkies.  Aan die einde van Graad 7 groet elke Tjokkie
die skool met die lui van die klok en 'n gesamentlike swem in ons skoolswembad.

Eersteling

Ons leef ons waarde van omgee uit deur weekliks aan ons aanneemskool, Eersteling Primêre Skool, se fisiese-, emosionele- en skolastiese behoeftes te voorsien.

Pikinini’s

Pikininis is Tjokkies se kos- en kuierplek… waar gesond- en lekker eet beste maats is.

www.pikininis.co.za